Monday 23 May 2011

Die (poging tot) Vintage Stripe Kombers

Die kombers het sy lewe begin as ‘n Vintage Stripe blanket, soos gesien op Attic 24. Hier het ‘n paar bolle Rustica DK van Elle rondgelê (denimblou, kakie, bruin) en nog ‘n bol donkerrooi van vreemde oorsprong.Na ek drie dae lank steke geoefen het, en die een klein blokkie na die ander geoefen het, besluit ek toe dis makliker om net te begin en skryf net enige foute toe aan nie-ervaring.


Kan mens nie iemand betaal om ‘n foundation chain te doen nie? Dis iets verskrikliks, om 250 steke slap genoeg te doen en dit probeer netjies hou, en dan nog ‘n ry glippies daarin te maak sonder om die berge te wil in. Ek gaan die foundation chain reg strek en blok tót dit gelyk is met die res. Daar’s mos nie ‘n Hooky Police nie (dankie, The Happy Hooker!)


Ek dink ek het begin met singles (die doel was mos nou om die steek te bemeester terwyl die kombers vorder). Iewers, ‘n paar rye verder, het dit doubles geword. ‘n Rooi draad het verskyn, wat te dik was (dit het gebly). ‘n Vaalgroen akriel DK van onbekende oorspring het verskyn en mooi ingepas. Ek het nog ‘n paar kleure gaan koop: turkoois, donkerder groen, witterig, ligpers. Oeps, Rustica kom in DK én chunky én Ultra of Extra! Weer gaan koop. Aangekarring.










Dis wel lekker, die aankarring. O, maar het ek gesukkel met die rande. Kon dit nie gelyk kry nie, En die patroon beloof ‘n foolproof metode, want ek moet net ‘in the gaps between the stitches” iewers iets double doen dan kom daar ‘n V, en dan maak ek die steek net weer in die V…dit het my seker 30 rye gevat om uit te figure. Dus is die eerste 30 rys se sykant vreeslik krom en skeef (en ek gaan dit na die tyd op ‘n manier beredder) en daarna – pylreguit. Sukses!

















Kombers se kind al amper 60 cm breed. Ek vat eers ‘n klein breek hierdie week, werk gou aan ‘n presentjie-ding en ook ‘n serp vir Ouma en die Bulkalfie. Het vandag ‘n SAK VOL wolle gaan koop by Ruby’s in Brooklyn. Skatkis.



Attempting the Vintage Stripe

This blanket started its life as a Vintage Stripe (as seen on Attic 24)...I had a few balls of yarn lying around, practised a bit, and then decided to just go live and DO it. Foundation chaining is hateful. I'd pay someone to do it. Think I started with single stitches. Couple of rows later, it became doubles. I added more colours. I bought more colours. Made heaps of mistakes along the way (but have now mastered the whole V-stitch thing at the end of a row). But I'm buggering on, actually love the look of the blankie, and will just block in into submission :-)


3 comments:

Gerlene said...

Is die sak vol wol 'n skatkis of Ruby's? Ek dink altwee! Hekel jy die kombersie in watter rigting (op die bed)? Soos jy gesels, lei ek af die strepies gaan in die lengte op die bed le?? As jy se dis 60 cm breed? So mooi. Ek moet bieg, ek nie 'n fan van die V-steek nie. Ek voel mens sukkel om jou aantal steke behou vir 'n perfekte rand. Het vir CG 'n serp met daai steek paar jaar terug gehekel. Maar ou kombers lyk so mooi! Doen so voort.

Annette - MyRoseValley said...

Hi there Stel,
Thank you for popping in to my place and dropping a line. I am happy to hear you enjoy my recycling projects as much as I do. It sounds like a great idea you have there on collecting old shirts, bed linens and curtains to make a quilt of for your son. To help you on your quilting adventure I can suggest you to visit Diary of a quilter. She has a fantastic tutorial of how to make a simple baby quilt where she guides you through step by step in the process. She was a great help to me when I made my first quilt last summer. I am still learning, experimenting, failing :( at times but it is a lot of fun. Good luck, and enjoy the blog world as I see this blog is brand spanking new.

Ooooh and I almost forgot... Your vintage blanket is FABULOUS! I love it. It reminds me of a rag rug in the choice of colors and I ADORE rag rugs. This pattern is so easy and soothing. The perfect pattern for crochet in front of the TV. Looking forward to see the blanket in full size when you get there. Happy hooking:D

Stel said...

Thanks, Annette!